BIOGRAPHY : ETHA
Hierdie energieke sangeres is
woonagtig in die Kaap.
Haar unieke stem en sangstyl maak haar baie gewild. Sy het
`n spontane persoonlikheid en die vermoë om mense waarlik te
kan “entertain”.
Sy hou daarvan om met mense te werk en pas aan by haar
gehore se behoeftes. Sy lewer `n familie-geörienteerde
vertoning wat aanklank vind by oud en jonk. Sy sing ritmiese,
kommersiële langarm dans musiek.
In 2003 het sy Suid-Afrika verteenwoordig by die “Summer
Festival” in Quatar, Doha (Arabiese land). Die fees was
verteenwoordig deur 16 ander lande. Agri Expo SA (Kaap het
haar ook op hulle lys as gekeurde kunstenaar vir landbou
expo’s.
Musiekresente soos CJ (die loslit DJ) verwys na haar as die
“gehoorgeesbou- sangeres”.
Ander resente soos Mariana Malan (Die Burger), Merwin
(Rapport) asook die musiektydskrif die Vonk het al geskryf
oor haar styl wat aanklank vind by almal.
Etha was ook al op televisie: soos Kyknet – Fiesta, Belboks,
Maak `n Las en Lirieke Raai. Sy was ook deel van die Maak `n
Las Reproduksie span wat nasionaal opgetree het by verskeie
geleenthede.
HAAR NUWE CD VIR ALTYD BY JOU is so pas uitgereik in Maart
2009.
Kontak ons vir verdere inligting. [kontak]