Bookings (+27) 82 259 4458

Indien jy belangstel in die album, kontak gerus die nommer bo-aan vir bestellings.

Biography

EthaHierdie energieke sangeres is woonagtig in die Kaap.

Haar unieke stem en sangstyl maak haar baie gewild. Sy het `n spontane persoonlikheid en die vermoë om mense waarlik te kan “entertain”.

Sy hou daarvan om met mense te werk en pas aan by haar gehore se behoeftes. Sy lewer `n familie-geörienteerde vertoning wat aanklank vind by oud en jonk. Sy sing ritmiese, kommersiële langarm dans musiek.

In 2003 het sy Suid-Afrika verteenwoordig by die “Summer Festival” in Quatar, Doha (Arabiese land). Die fees was verteenwoordig deur 16 ander lande. Agri Expo SA (Kaap het haar ook op hulle lys as gekeurde kunstenaar vir landbou expo’s.

Musiekresente soos CJ (die loslit DJ) verwys na haar as die “gehoorgeesbou- sangeres”.

Ander resente soos Mariana Malan (Die Burger), Merwin (Rapport) asook die musiektydskrif die Vonk het al geskryf oor haar styl wat aanklank vind by almal.

Etha was ook al op televisie: soos Kyknet – Fiesta, Belboks, Maak `n Las en Lirieke Raai. Sy was ook deel van die Maak `n Las Reproduksie span wat nasionaal opgetree het by verskeie geleenthede.

HAAR CD VIR ALTYD BY JOU is uitgereik in Maart 2009.

Kontak ons vir verdere inligting.